Tand probleme beinvloed tot 80% van troeteldiere

tand-probleme

Honde word met 28 melktande gebore en katte met net 26 tande. Teen 6-maande word honde se 28 tande deur 42 permanente tande vervang en katte het dan 30 permanente tande. As die melktande nie soos normaal uitval nie, lei dit tot verhoogte tandplaak, abnormale byt, tandvleis irretasie en uiteindelik ontsteking.

Tand of tandvleis probleme kan lei tot infeksies van die niere, longe, hart en selfs gewrigte. Bakterieë in die mond versprei na ander dele van die liggaam en slegs deur gereelde mond higiëne toe te pas, kan hierdie newe effekte voorkom word. Dit mag soms nodig wees dat troeteldiere se tande profesioneel skoongemaak word. Net soos met die skoonmaak van ons tande, word tandplaak verwyder, tande ondersoek vir enige abnormaliteite, tande getrek indien nodig en uiteindelik word tande gepoleer. Party diere se tande moet elke jaar profesioneel skoongemaak word.

Wat kan mens doen om tand probleme te voorkom?
By Ceres Dierehospitaal sal u veearts elke jaar, saam met u troeteldier se jaarlikse inentings, kyk na die algemene gesondheid van sy/haar tande en dan ook mond higiëne met u bespreek. Onthou dat ons moderne kosse soos Hills, Eukanuba/ Iams en Royal Canin spesifiek geformuleer is om tandplaak te voorkom- dit hou sommer u troeteldier se tande skoon terwyl hy/sy ‘n gesonde, gebalanseerde dieët geniet!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *