Het my perd dalk koliek? Hier is die tekens.

girl-with-horse

Perde koliek beteken pyn van die abdominale area of maag. Koliek kan onder andere veroorsaak word deur wurms, swak dieët, tekort aan goeie kwaliteit ruvoer, impaksies, gas en wanneer dele van die dermkanaal draai of skuif na ‘n abnormale posisie in die abdomen. As ‘n perd koliek kry, is die grootste besluit vir die veearts of dit met medikasie behandelbaar is en of dit ‘n shirurgiese geval is. Die veearts kyk hoe die perd reageer op pyn medikasie, of die perd opgeblaas of toksies is en dan natuurlik wat hy/sy vind op rektale ondersoek. Minder ernstige koliek kan met pyn medikasie en soms maagbuis alleenlik behandel word.

Onder normale omstandighede verdwyn die pyn binne 15-minute.’n Rektale ondersoek word gedoen om te voel vir impaksies, gas in die dermkanaal en vir gedraaide of “misplaasde” dele- hierdie dui gewoonlik dat shirurgie nodig sal wees. ‘n Maagbuis word gebruik om te toets of daar baie vloeistof in die maag versamel het, hierdie is nie ‘n goeie teken en vereis dringende behandeling. Ultraklank, bloed toetse en abdominosintese kan ook gedoen word om diagnose en prognose te bepaal. Met ander woorde, as u perd tekens van koliek wys en nie binne 10 minute reageer op die wegneem van kos en op en af draf nie—BEL U VEEARTS! Konsulteer altyd eers met u veearts voor enige medikasie gespuit word, pyn medikasie steek sekere simptome weg wat u veearts sou gebruik om te besluit of shirurgie nodig is of nie. As die perd nie reageer op pyn medikasie, sal u veearts hom/haar gewoonlik verwys na ‘n dierehospitaal. Statistiek bewys dat, hoe vroeër die perd verwys word, hoe beter is die kanse om oorlewing!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *